Baie hartlik welkom hier by ons heel eerste Storiehuis-blok-myself blaai. Dit sal gaaf wees as julle kommentaar wil laat en saam blok. Hier sal daar allerlei wees oor dinge wat ons graag vorentoe in die Storiehuis wil aanvang; en binnekort 'n kort relaas oor die afgelope heerlike "vers&musiek-storie" wat ons genoem het die Franse Storieaand. Nouja, so Frans was dit ook nie, behalwe vir hier en daar 'n Fransie geurtjie wat deur die sop gedwarrel het en die 'amoush bouche' wat met Dalene se snelle hulpverlening heerlik én betyds klaar was. Boonop was Emile se Chansons wondermooi én 'n gas het aan die einde saamgesing; in Frans. Meer volgende keer oor die program en ambience van 'n baie lekker aand.
Tot volgende keer -
Storiegroete
engemi
No comments:
Post a Comment